DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2015)

Dinsdag, 30 Junie 2015

Ek wil U loof onder die volke, o Here,
en psalmsing tot u eer, onder die nasies.

Maandag, 29 Junie 2015

Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Sondag, 28 Junie 2015

Johannes 3:30Hy moet meer word, maar ek minder.

Saterdag, 27 Junie 2015

Lukas 9:16-17Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit. En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.

Vrydag, 26 Junie 2015

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Donderdag, 25 Junie 2015

Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o Here, my rots en my verlosser!

Woensdag, 24 Junie 2015

Filippense 4:5Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Dinsdag, 23 Junie 2015

Lukas 19:10Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Maandag, 22 Junie 2015

'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Sondag, 21 Junie 2015

Filippense 4:13Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Saterdag, 20 Junie 2015

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Vrydag, 19 Junie 2015

Psalm 34:18-19Hulle roep, en die Here hoor,
en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees.

Donderdag, 18 Junie 2015

Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

Woensdag, 17 Junie 2015

1 Korintiërs 13:13En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Dinsdag, 16 Junie 2015

'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd!

Maandag, 15 Junie 2015

En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Sondag, 14 Junie 2015

Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.

Saterdag, 13 Junie 2015

Skep vir my 'n rein hart, o God,
en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.

Vrydag, 12 Junie 2015

EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.

Donderdag, 11 Junie 2015

Matteus 19:26Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

Woensdag, 10 Junie 2015

Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil.

Dinsdag, 09 Junie 2015

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Maandag, 08 Junie 2015

Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Sondag, 07 Junie 2015

Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Saterdag, 06 Junie 2015

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Vrydag, 05 Junie 2015

2 Korintiërs 5:7Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

Donderdag, 04 Junie 2015

Psalm 112:5Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg.

Woensdag, 03 Junie 2015

So sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Dinsdag, 02 Junie 2015

Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Ek, die Here, deursoek die hart,
toets die niere,
om aan elkeen te gee na sy weë,
volgens die vrug van sy handelinge.

Maandag, 01 Junie 2015

Psalm 112:6Want hy sal nooit wankel nie;
die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

Bybelvers van die dag

TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk