DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Daniël

  • Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
  • Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
    Hy weet wat in die duister is,
    en die lig woon by Hom.
  • Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
  • U, God van my vaders, loof en prys ek,
    want U het my wysheid en krag verleen,
    en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
    want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
  • Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
  • Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

Bybelvers van die dag

En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk