DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Geregtigheid (2/5)

  • Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
    maar uit dié almal red die Here hom.
  • Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
  • Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;
    en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
    Dit is die erfdeel van die knegte van die Here
    en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.
  • Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
  • Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
    en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
  • Leer om goed te doen,
    soek die reg, beteuel die verdrukker,
    doen reg aan die wees,
    verdedig die saak van die weduwee.
  • Maar laat die reg aanrol soos watergolwe,
    en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
  • Werp jou sorg op die Here,
    en Hy sal jou onderhou;
    Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
  • DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
  • Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
  • Deurgrond my, o God, en ken my hart;
    toets my en ken my gedagtes;
    en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
    en lei my op die ewige weg!
  • Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
    en regverdigheid — elke goeie pad.
  • Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
    want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
  • Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
    en wat vra die Here van jou
    anders as om reg te doen en liefde te betrag
    en ootmoedig te wandel met jou God?
  • Geregtigheid verhoog 'n volk,
    maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
  • Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
  • Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
  • Liewer 'n bietjie met geregtigheid,
    as 'n menigte van inkomste met onreg.
  • Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
  • Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
  • MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.
  • Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
    maar deur kennis word die regverdiges gered.
  • Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
    maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
  • Want die Here is ons Regter,
    die Here is ons Aanvoerder,
    die Here is ons Koning:
    Hý sal ons verlos.
  • Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Maar wie roem, moet in die Here roem. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk