- Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
- Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
- En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
Bybelvers van die dag
Wie is 'n God soos U,wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.