- U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,
want hulle vertrou op U. - Ook in die weg van u oordele
het ons U verwag, o Here!
Tot u Naam en tot u gedenknaam
gaan die begeerte van ons siel uit. - Met my siel begeer ek U in die nag;
ook met my gees in my binneste soek ek U;
want as u oordele op die aarde is,
leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Bybelvers van die dag
Kyk, God is my helper.Dit is die Here wat my siel ondersteun.
Willekeurig Bybelvers
Want Ú het my niere gevorm,my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.Volgende vers!Met beeld