- Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;
roep Hom aan terwyl Hy naby is. - Laat die goddelose sy weg verlaat
en die kwaaddoener sy gedagtes;
en laat hy hom tot die Here bekeer,
dan sal Hy hom barmhartig wees;
en tot onse God,
want Hy vergeef menigvuldiglik. - Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. - Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my weë hoër as julle weë
en my gedagtes as julle gedagtes. - So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
maar doen wat My behaag
en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.