- Here, U deurgrond en ken my.
U ken my sit en my opstaan;
U verstaan van ver my gedagte. - Want daar is nog geen woord op my tong nie —
of U, Here, U ken dit geheel en al. - Waar sou ek heengaan van u Gees
en waarheen vlug van u aangesig?
Klim ek op na die hemel, U is daar;
en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! - Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed. - Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!
Bybelvers van die dag
EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.Willekeurig Bybelvers
Vertrou op die Here met jou hele harten steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.Volgende vers!Met beeld