DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 25

  • Here, maak my u weë bekend;
    leer my u paaie.
  • Lei my in u waarheid en leer my,
    want U is die God van my heil.
    U verwag ek die hele dag.
  • Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
    want dié is van ewigheid af.
    Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie;
    dink aan my na u goedertierenheid,
    om u goedheid ontwil, o Here!
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.

Bybelvers van die dag

EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk