DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 27

  • Die Here is my lig en my heil:
    vir wie sou ek vrees?
    Die Here is die toevlug van my lewe:
    vir wie sou ek vervaard wees?
  • Al word 'n laer teen my opgeslaan,
    my hart sal nie vrees nie;
    al staan 'n oorlog teen my op,
    nogtans vertrou ek.
  • Een ding het ek van die Here begeer,
    dit sal ek soek:
    dat ek al die dae van my lewe
    mag woon in die huis van die Here,
    om die lieflikheid van die Here te aanskou
    en te ondersoek in sy tempel.
  • O, As ek nie geglo het
    dat ek die goedheid van die Here sal sien
    in die land van die lewendes nie.
  • Wag op die Here!
    Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
    Ja, wag op die Here!

Bybelvers van die dag

EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk