- Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou. - Hy het geregtigheid en reg lief;
die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here. - Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak
en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. - Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is,
die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. - Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
op die wat op sy goedertierenheid wag. - Laat u goedertierenheid, Here,
oor ons wees net soos ons op U wag!
Bybelvers van die dag
Wie is 'n God soos U,wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.