DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 42

  • Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
    so smag my siel na U, o God!
  • My siel dors na God, na die lewende God;
    wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
  • Die vloed roep na die vloed
    by die gedruis van u waterstrome;
    al u bare en u golwe
    het oor my heengegaan.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
    die verlossing van my aangesig en my God!

Bybelvers van die dag

En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk