- Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid
en reinig my van my sonde. - Skep vir my 'n rein hart, o God,
en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. - Die offers van God is 'n gebroke gees;
'n gebroke en verslae hart
sal U, o God, nie verag nie!
Bybelvers van die dag
Wie is 'n God soos U,wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.