- DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug. - Wend julle tot my teregwysing,
dan laat ek my gees vir julle uitstroom,
wil ek my woorde aan julle bekend maak.
Bybelvers van die dag
My seun, luister na wat ek sê,neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart.