- 'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom. - Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
maar valsheid daarin is verbreking in die gees. - Die sot verag die tug van sy vader,
maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys. - Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby. - Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. - 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd! - Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
Bybelvers van die dag
Wie is 'n God soos U,wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.