DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Aanbid (2/3)

  • Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
  • Die Here is my sterkte en my skild;
    op Hom het my hart vertrou,
    en ek is gehelp; daarom jubel my hart
    en sal ek Hom loof met my gesang.
  • En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
  • Die Here is groot en baie lofwaardig,
    en sy grootheid is ondeurgrondelik.
  • Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
  • En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
  • Ek wil die Here altyd loof;
    sy lof sal altyddeur in my mond wees.
  • EK het lief,
    want die Here hoor my stem, my smekinge,
    want Hy het sy oor tot my geneig;
    daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
  • Die hemele vertel die eer van God,
    en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
    Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
    en die een nag kondig vir die ander kennis aan.
  • Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
    my hart sal juig oor u heil.
    Ek wil sing tot eer van die Here,
    omdat Hy aan my goed gedoen het.
  • Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
  • Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
  • Wie is dan tog die Erekoning?
    Die Here van die leërskare —
    Hy is die Erekoning! Sela.
  • Ek wil U loof onder die volke, o Here,
    en psalmsing tot u eer, onder die nasies.
  • Ek wil die Here loof met my hele hart;
    ek wil al u wonders vertel.
  • NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
    maar aan u Naam gee eer,
    om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
  • My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
    en my siel, wat U verlos het.
  • O My God, o Koning, ek wil U verhoog
    en u Naam loof vir ewig en altyd.
  • Geloofd sy die Here!
    Dag ná dag dra Hy ons;
    God is ons heil! Sela.
  • Wie het ek buiten U in die hemel?
    Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
  • En julle sal in dié dag sê:
    Dank die Here, roep sy Naam aan,
    maak sy dade onder die volke bekend,
    verkondig dat sy Naam hoog is!
  • Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.
  • Want U is my rots en my bergvesting;
    en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk