DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Aanbid

  • Here, U is my God!
    U sal ek verhoog;
    u Naam sal ek loof;
    want U het wonders gedoen,
    raadsbesluite uit ver tye,
    waarheid en trou.
  • En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
  • Laat alles wat asem het, die Here loof!
    Halleluja!
  • En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
  • God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
  • Loof die Here, o my siel,
    en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
  • Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
    en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
    die drag van die olyfboom sal teleurstel
    en die saailande geen voedsel oplewer nie,
    die kleinvee uit die kraal verdwyn
    en geen beeste in die stalle sal wees nie —
    nogtans sal ek jubel in die Here,
    ek sal juig in die God van my heil.
  • Loof die Here, want Hy is goed,
    want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  • Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
  • O God, U is my God, U soek ek;
    my siel dors na U,
    my vlees smag na U,
    in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
  • My mond is vol van u lof,
    die hele dag van u roem.
  • GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
  • Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
  • Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
    vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
    Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
    'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
    is God in sy heilige woning.
  • Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
  • Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
    laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.
  • Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
    my lippe moet U prys.
    Só sal ek U prys my lewe lank,
    in u Naam my hande ophef.
  • Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
    die verlossing van my aangesig en my God!
  • Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
  • Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
  • LOOF die Here, roep sy Naam aan,
    maak onder die volke sy dade bekend.
  • Niemand is heilig soos die Here nie;
    ja, daar is niemand buiten U,
    en daar is geen rots soos onse God nie.
  • Ek brei my hande tot U uit;
    my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.
  • Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
    vir my is daar geen goed bo U nie.
  • Ek het Hom aangeroep met my mond,
    en lofgesang was onder my tong.

Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk