DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Almagtige

  • Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
  • Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
  • Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
  • Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
  • HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
    sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
    Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
    my God op wie ek vertrou.
  • Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
  • Die Here is groot en baie lofwaardig,
    en sy grootheid is ondeurgrondelik.
  • O Here, God van die leërskare, herstel ons;
    laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  • En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
  • Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
  • Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
  • Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
  • Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
    die wêreld en die wat daarin woon.
  • EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
  • Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
  • Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
    Hy weet wat in die duister is,
    en die lig woon by Hom.
  • Die Here maak arm en maak ryk;
    Hy verneder, ook verhoog Hy.
  • Want daar is nog geen woord op my tong nie —
    of U, Here, U ken dit geheel en al.
  • En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot 'n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.
  • Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.
  • Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk