Bybelverse oor Belydenis
- Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
- As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
- Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. - My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. - As hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het.
- Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
- Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
- Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag. - As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
- Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
- Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
- Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
- Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
- Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Bybelvers van die dag
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.Willekeurig Bybelvers
Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.Volgende vers!Met beeld