DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Eerlikheid

  • My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
  • Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
    maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
  • Om geregtigheid en reg te doen,
    is vir die Here verkiesliker as offers.
  • As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
  • Salig is die wat rein van hart is,
    want hulle sal God sien.
  • Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
  • Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
  • 'n Man van valse streke saai tweedrag,
    en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
  • Liewer 'n bietjie met geregtigheid,
    as 'n menigte van inkomste met onreg.
  • Swyg voor die Here en verwag Hom;
    wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
    op die man wat listige planne uitvoer nie.
  • Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
  • Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
    as dit in jou mag is om dit te doen nie.
  • Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
    maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
  • Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
    maar geregtigheid red van die dood.
  • Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
  • Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
    wat sy sake volgens reg besorg.
  • EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
  • Laat jou oë reguit kyk
    en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
  • Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
    en regverdigheid — elke goeie pad.
  • En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
  • Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
  • Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
  • Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk