DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Gebed (2/3)

  • En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
  • In die môre, Here, sal U my stem hoor;
    in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.
  • O Here, hoor my gebed;
    luister tog na my smekinge;
    verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
  • Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
  • Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
    die Here het my verhoor in die ruimte.
  • Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek.
  • Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
  • So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
  • Laat die woorde van my mond
    en die oordenking van my hart
    welbehaaglik wees voor u aangesig,
    o Here, my rots en my verlosser!
  • Só moet julle dan bid:
    Onse Vader wat in die hemele is,
    laat u Naam geheilig word;
    laat u koninkryk kom;
    laat u wil geskied,
    soos in die hemel net so ook op die aarde.
  • Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
  • Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
    en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
  • En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
  • As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
  • En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
  • So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
  • En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
  • En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
  • Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die Here.
  • Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
  • U, God van my vaders, loof en prys ek,
    want U het my wysheid en krag verleen,
    en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
    want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
  • Staan op, Here! o God, hef u hand op;
    vergeet die ellendiges nie!

Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk