DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Gees

  • Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
  • En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
  • Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.
  • Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
  • Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
  • Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
  • Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.
  • En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
  • As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
  • As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
  • God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
  • En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
  • DIE Gees van die Here Here is op My,
    omdat die Here My gesalf het
    om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
    Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
    om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
    en vir die geboeides opening van die gevangenis.
  • Leer my om u welbehae te doen,
    want U is my God.
    Laat u goeie Gees my lei
    in 'n gelyk land.
  • Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
  • Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
  • Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
  • Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
  • Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
  • GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
  • Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.
  • Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
  • Waar sou ek heengaan van u Gees
    en waarheen vlug van u aangesig?
    Klim ek op na die hemel, U is daar;
    en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk