DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Geregtigheid (5/5)

  • Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
    maar die hoop van die goddelose vergaan.
  • Wyk nie regs of links af nie,
    hou jou voet ver van boosheid.
  • En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die Here onse God soos Hy ons beveel het.
  • Die Rots — volkome is sy werk;
    want al sy weë is strafgerigte;
    'n God van trou en sonder onreg;
    regverdig en reg is Hy.
  • ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
  • Want U seën die regverdige, o Here,
    U omring hom met welbehae soos met 'n skild.
  • As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.
  • Die Almagtige — ons vind Hom nie;
    Hy is groot van krag,
    maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
  • VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.
  • Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
  • Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
  • Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
  • Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
  • Soek die Here, o alle ootmoediges van die land,
    wat sy ordening onderhou;
    soek geregtigheid, soek ootmoedigheid
    — miskien sal julle verborge bly
    op die dag van die toorn van die Here.
  • Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk