DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Heiligheid (2/2)

  • Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
    vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
    Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
    'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
    is God in sy heilige woning.
  • Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.
  • As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
  • Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie.
  • Die Rots — volkome is sy werk;
    want al sy weë is strafgerigte;
    'n God van trou en sonder onreg;
    regverdig en reg is Hy.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk