DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Jesaja

  • Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
    hulle vaar op met vleuels soos die arende;
    hulle hardloop en word nie moeg nie,
    hulle wandel en word nie mat nie.
  • Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
    kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
    Ek versterk jou, ook help Ek jou,
    ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
  • As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
    en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
    as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
    en die vlam sal jou nie brand nie.
  • Here, U is my God!
    U sal ek verhoog;
    u Naam sal ek loof;
    want U het wonders gedoen,
    raadsbesluite uit ver tye,
    waarheid en trou.
  • Want Ek, die Here jou God,
    gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
    Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
  • Hy gee die vermoeide krag
    en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
  • Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
    dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
    Ofskoon hulle sou vergeet,
    nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
    Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
    jou mure is gedurig voor My.
  • STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
    en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.
  • Omdat jy kostelik is in my oë,
    hooggeag is, en Ek jou liefhet,
    daarom gee Ek mense in jou plek
    en volke vir jou lewe.
  • Is dít nie die vas wat Ek verkies nie:
    dat julle losmaak die bande van goddeloosheid,
    dat julle afhaal die stroppe van die juk
    en vry laat weggaan die verdruktes
    en elke juk stukkend breek?

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk