DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Job

  • MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
    en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
  • VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
    ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
  • Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
    die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
  • Want Hy weet hoe my wandel is;
    as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
    Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
    sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
  • Die Almagtige — ons vind Hom nie;
    Hy is groot van krag,
    maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
  • Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
  • Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.
  • EK het 'n verbond gesluit met my oë:
    hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
  • KYK, gelukkig is die man wat God kasty;
    verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
  • En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk