DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Kinders

  • Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
  • En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
  • Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
    dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
  • Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
    dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
    Ofskoon hulle sou vergeet,
    nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
    Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
    jou mure is gedurig voor My.
  • Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
  • Kindskinders is 'n kroon vir grysaards,
    en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
  • En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
  • WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.
  • My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
  • Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
  • Salig is die vredemakers,
    want hulle sal kinders van God genoem word.
  • Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
  • Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
  • Die sot verag die tug van sy vader,
    maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
  • Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
  • KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
  • Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.
  • Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
  • Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
  • En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.
  • Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
  • Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
  • Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
  • Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
  • Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk