DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Lê

  • Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
    maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
  • Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
  • O Here, red my siel van die valse lippe,
    van die bedrieglike tong!
  • Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
    en wat met sy hart die waarheid spreek;
    wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
    sy vriend geen kwaad doen
    en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.
  • Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
    en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
  • En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
  • Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper.
  • As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
  • Hy wat haat verberg, het valse lippe;
    en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
  • Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
    maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
  • 'n Man van valse streke saai tweedrag,
    en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
  • 'n Betroubare getuie lieg nie,
    maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
  • Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
  • Hou valsheid en leuentaal ver van my af;
    gee my nie armoede of rykdom nie,
    laat my geniet die brood wat vir my bestem is.
  • Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
  • Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
    hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
    en 'n huigelagtige mond haat ek.
  • Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
  • Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
    maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
  • Verwyder van jou die valsheid van mond,
    en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
  • Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie,
    hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
  • Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
    maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
  • Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
    maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
  • God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
  • En as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk