DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Leer

  • Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
    Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
  • En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
  • Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
  • DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
    sotte verag wysheid en tug.
  • Here, maak my u weë bekend;
    leer my u paaie.
  • Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
  • My seun, verag die tug van die Here nie,
    en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
    want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
    ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
  • EEN wat die tug liefhet, het kennis lief;
    maar wie die teregwysing haat, is dom.
  • Lei my in u waarheid en leer my,
    want U is die God van my heil.
    U verwag ek die hele dag.
  • In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
    ek laat jou die spore van opregtheid betree.
  • Leer my om u welbehae te doen,
    want U is my God.
    Laat u goeie Gees my lei
    in 'n gelyk land.
  • Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.
  • En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
  • MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas.
  • Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
  • Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
  • Leer my, Here, u weg:
    ek sal in u waarheid wandel;
    verenig my hart tot die vrees van u Naam.
  • En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
  • Met my siel begeer ek U in die nag;
    ook met my gees in my binneste soek ek U;
    want as u oordele op die aarde is,
    leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
  • Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.
  • Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
  • Hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise.
  • Laat my leer drup soos die reën,
    my woord vloei soos die dou,
    soos reëndruppels op die grasspruitjies
    en soos reënbuie op die plante.
  • Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk