DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Lewe

  • Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
    jou siel sal Hy bewaar.
    Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
    van nou af tot in ewigheid.
  • Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
  • Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
    so is die hart van die mens teenoor die mens.
  • Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
  • En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
  • Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
    sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
  • Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
  • Al beswyk my vlees en my hart —
    God is die rots van my hart
    en my deel tot in ewigheid.
  • Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
  • ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.
  • Want U is my rots en my bergvesting;
    en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
  • Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
    want daaruit is die oorspronge van die lewe.
  • Here, maak my u weë bekend;
    leer my u paaie.
  • En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
  • En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
  • Swyg voor die Here en verwag Hom;
    wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
    op die man wat listige planne uitvoer nie.
  • Net goedheid en guns sal my volg
    al die dae van my lewe;
    en ek sal in die huis van die Here bly
    in lengte van dae.
  • Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
    wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
  • Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
  • Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
  • Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.
  • 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
    maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
  • Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
  • Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
  • WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk