DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Liefde (2/5)

  • WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
  • KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
  • En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is.
  • Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
  • Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
    sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
  • Haat verwek twiste,
    maar liefde bedek al die oortredinge.
  • Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
  • Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
    want sy barmhartighede het geen einde nie;
    hulle is elke môre nuut;
    u trou is groot.
  • En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
  • En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
  • Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!
  • Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.
  • EK het lief,
    want die Here hoor my stem, my smekinge,
    want Hy het sy oor tot my geneig;
    daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
  • Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
  • Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.
  • AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
  • Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
  • Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
  • Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
  • Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
  • Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
  • Want 'n oomblik is daar in sy toorn,
    'n lewe in sy goedgunstigheid;
    saans vernag die geween,
    maar smôrens is daar gejuig.
  • Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
  • Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk