DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Liefde (5/5)

  • Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
    maar aan u Naam gee eer,
    om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
  • En skeur julle hart en nie julle klere nie,
    en bekeer julle tot die Here julle God;
    want Hy is genadig en barmhartig,
    lankmoedig en groot van goedertierenheid,
    en Een wat berou het oor die onheil.
  • Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
  • HALLELUJA!
    Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
    wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
  • Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
    en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
    maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
    omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
  • En om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
  • Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
  • En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;
    want U vergeld elkeen na sy werk.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk