DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Lig

  • STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
    en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.
  • U woord is 'n lamp vir my voet
    en 'n lig vir my pad.
  • EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
  • En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
  • Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.
  • Die Here sal jou seën en jou behoed;
    die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
    die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
  • Die Here is my lig en my heil:
    vir wie sou ek vrees?
    Die Here is die toevlug van my lewe:
    vir wie sou ek vervaard wees?
  • Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
  • En 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
  • Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
    Hy weet wat in die duister is,
    en die lig woon by Hom.
  • Die opening van u woorde gee lig;
    dit maak die eenvoudiges verstandig.
  • EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
  • Laat jou weg aan die Here oor
    en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
    en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
    en jou reg soos die middag.
  • Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
  • En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
  • Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.
  • Verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is.
  • Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
  • EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
  • Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
  • Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
  • Laat u aangesig skyn oor u kneg,
    verlos my deur u goedertierenheid.
  • O Here, God van die leërskare, herstel ons;
    laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  • Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
  • Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
    en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
    maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
    omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk