DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Luister

  • SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
  • En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
  • Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
  • En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
  • Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
  • EK het lief,
    want die Here hoor my stem, my smekinge,
    want Hy het sy oor tot my geneig;
    daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
  • Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
    en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
  • Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
  • En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
  • En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
  • Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
  • Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
  • Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
    en ek het tot my God geroep om hulp;
    Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
    en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
  • 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
    maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
  • In die môre, Here, sal U my stem hoor;
    in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
  • My seun, luister na wat ek sê,
    neig jou oor tot my woorde,
    laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
    bewaar hulle binne-in jou hart.
  • As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
  • Die oë van die Here is op die regverdiges,
    en sy ore tot hulle hulpgeroep.
  • Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
  • En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
  • Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
  • Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
  • Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
  • BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
    en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.

EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk