DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Luister (2/2)

  • EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.
  • Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
    en my uit al my vrees gered.
  • Maar ek sal uitsien na die Here,
    ek wil wag op die God van my heil,
    my God sal my hoor.
  • EK het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie;
    Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;
    aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie,
    het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
  • Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
  • As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.
  • Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
    Here, hoor na my stem;
    laat u ore luister na
    die stem van my smekinge.
  • Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
  • Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
    en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
  • EEN wat die tug liefhet, het kennis lief;
    maar wie die teregwysing haat, is dom.
  • Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
  • Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.
  • En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
  • En Ek sal die huis van Juda sterk maak
    en aan die huis van Josef hulp verleen
    en hulle 'n woonplek aanwys,
    want Ek ontferm My oor hulle;
    en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie,
    want Ek is die Here hulle God,
    en Ek sal hulle verhoor.
  • En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
  • Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie,
    selfs sy gebed is 'n gruwel.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk