DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Nabyheid

  • Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
  • Vra na die Here en sy sterkte;
    soek sy aangesig altyddeur.
  • Hulle roep, en die Here hoor,
    en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
    Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
    en Hy verlos die wat verslae is van gees.
  • En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
  • Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
  • Een ding het ek van die Here begeer,
    dit sal ek soek:
    dat ek al die dae van my lewe
    mag woon in die huis van die Here,
    om die lieflikheid van die Here te aanskou
    en te ondersoek in sy tempel.
  • U sal my die pad van die lewe bekend maak;
    versadiging van vreugde is voor u aangesig,
    lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
  • Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
  • Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.
  • Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;
    roep Hom aan terwyl Hy naby is.
  • Vra na die Here en sy sterkte;
    soek sy aangesig altyddeur.
  • Net goedheid en guns sal my volg
    al die dae van my lewe;
    en ek sal in die huis van die Here bly
    in lengte van dae.
  • Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
  • Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
  • Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend;
    ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God
    as om te woon in die tente van goddeloosheid.
  • Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.
  • Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God.
  • Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
  • En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.
  • En hy was daar by die Here veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
  • Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
  • My siel dors na God, na die lewende God;
    wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
  • Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk