DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Nederigheid (2/2)

  • Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
  • Want die Here het 'n welbehae in sy volk;
    Hy versier die ootmoediges met heil.
  • Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
  • NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
    maar aan u Naam gee eer,
    om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
  • Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
  • WEE hom wat met sy Formeerder twis — 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
  • Die Here maak arm en maak ryk;
    Hy verneder, ook verhoog Hy.
  • As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
  • Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
    laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.
  • Maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees.
  • Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
  • En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
  • En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
  • Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid, en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.
  • Wat is die mens dat U aan hom dink,
    en die mensekind dat U hom besoek?
  • Só moet julle dan bid:
    Onse Vader wat in die hemele is,
    laat u Naam geheilig word;
    laat u koninkryk kom;
    laat u wil geskied,
    soos in die hemel net so ook op die aarde.
  • Hoor, Here, my gebed,
    en luister na my hulpgeroep;
    swyg nie by my trane nie;
    want ek is 'n vreemdeling by U,
    'n bywoner soos al my vaders.
  • VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.
  • Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
  • Soek die Here, o alle ootmoediges van die land,
    wat sy ordening onderhou;
    soek geregtigheid, soek ootmoedigheid
    — miskien sal julle verborge bly
    op die dag van die toorn van die Here.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk