- WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel. - Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek. - Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer. - Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord. - Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie. - Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie. - Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom. - Ek het die weg van waarheid verkies;
u verordeninge het ek voor my gestel. - Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie. - En in die ruimte wandel,
want ek soek u bevele. - Ek het my gehaas, en nie getalm nie,
om u gebooie te onderhou. - Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
want deur hulle het U my lewend gemaak. - U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad. - Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang,
want hulle is die vreugde van my hart. - U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek. - Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig. - Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. - Die hele inhoud van u woord is waarheid,
en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. - Die wat u wet liefhet, het groot vrede,
en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
Bybelvers van die dag
En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.Willekeurig Bybelvers
Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?Deur dit te hou na u woord.Volgende vers!Met beeld