DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Redding (3/4)

  • Die Here verlos die siel van sy knegte;
    en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
  • Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
  • So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
    so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
  • Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
  • Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
  • WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
  • Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
  • Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
    en jou sondes soos 'n wolk;
    keer terug na My, want Ek het jou verlos.
  • Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
  • Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
  • MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
    en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
  • Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete — deur die opstanding van Jesus Christus.
  • Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
  • Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
  • Die heil behoort aan die Here;
    laat u seën wees oor u volk! Sela.
  • Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
  • Want so sê die Hoë en Verhewene
    wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam:
    Ek woon in die hoogte en in die heilige plek
    en by die verbryselde en nederige van gees,
    om te laat herlewe die gees van die nederiges
    en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
  • HOE lieflik is op die berge die voete van hom
    wat die goeie boodskap bring,
    wat vrede laat hoor,
    wat goeie tyding bring,
    wat verlossing uitroep;
    wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
  • En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.
  • Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.
  • Maar ek sal uitsien na die Here,
    ek wil wag op die God van my heil,
    my God sal my hoor.
  • O Here, God van die leërskare, herstel ons;
    laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  • Hy alleen is my rots en my heil,
    my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
  • EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
  • Geloofd sy die Here!
    Dag ná dag dra Hy ons;
    God is ons heil! Sela.

Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk