DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Redding (2/4)

  • Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
    en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
    die drag van die olyfboom sal teleurstel
    en die saailande geen voedsel oplewer nie,
    die kleinvee uit die kraal verdwyn
    en geen beeste in die stalle sal wees nie —
    nogtans sal ek jubel in die Here,
    ek sal juig in die God van my heil.
  • Omdat jy kostelik is in my oë,
    hooggeag is, en Ek jou liefhet,
    daarom gee Ek mense in jou plek
    en volke vir jou lewe.
  • Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
  • By God is my heil en my eer;
    die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
  • Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
  • Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
  • Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
  • Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
  • Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
  • Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
  • En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
  • En hy het gesê:
    Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
    Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
    my God, my rots by wie ek skuil;
    my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
  • Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
  • Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
  • BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
  • Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
  • Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
    verlos my, dan sal ek verlos word;
    want U is my lof.
  • Hulle roep, en die Here hoor,
    en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
    Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
    en Hy verlos die wat verslae is van gees.
  • Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.
  • Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
  • Lei my in u waarheid en leer my,
    want U is die God van my heil.
    U verwag ek die hele dag.
  • En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.
  • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
  • Want die Here is ons Regter,
    die Here is ons Aanvoerder,
    die Here is ons Koning:
    Hý sal ons verlos.
  • Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek.

Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk