- Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
- As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
- Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
- Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
- Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
- Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Bybelvers van die dag
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.Willekeurig Bybelvers
Loof die Here, o my siel,en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!Volgende vers!Met beeld