DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Siekte

  • Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
  • En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
  • Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.
  • Hy genees die wat gebroke is van hart,
    en Hy verbind hulle wonde.
  • Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
    en óns smarte — dié het Hy gedra;
    maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
    deur God geslaan en verdruk was.
  • 'n Vrolike hart bevorder die genesing,
    maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
  • As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.
  • Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
    verlos my, dan sal ek verlos word;
    want U is my lof.
  • Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
  • Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
  • En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.
  • 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
    maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
  • Die Here open die oë van die blindes;
    die Here rig die wat geboë is, op;
    die Here het die regverdiges lief.
  • Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
    in my gebrul die hele dag.
  • Hy was verag en deur die mense verlaat,
    'n man van smarte en bekend met krankheid;
    ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg;
    Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
  • En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk