DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Sing

  • Maar ék sal sing van u sterkte
    en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
    want U was 'n rotsvesting vir my
    en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.
  • Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
    my lippe moet U prys.
    Só sal ek U prys my lewe lank,
    in u Naam my hande ophef.
  • Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
  • Die Here jou God is by jou,
    'n held wat verlossing skenk.
    Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
    Hy swyg in sy liefde;
    Hy juig oor jou met gejubel.
  • En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
  • Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
    vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
    Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
    'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
    is God in sy heilige woning.
  • In U wil ek bly wees en juig;
    ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste.
  • Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
    my hart sal juig oor u heil.
    Ek wil sing tot eer van die Here,
    omdat Hy aan my goed gedoen het.
  • U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
    U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
  • My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
    en my siel, wat U verlos het.
  • Ek wil U loof onder die volke, o Here,
    en psalmsing tot u eer, onder die nasies.
  • Ek wil sing tot eer van die Here solank as ek lewe,
    ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
  • Psalmsing tot eer van die Here,
    want Hy het heerlike dinge gedoen;
    laat dit bekend wees op die hele aarde.
  • Ek het Hom aangeroep met my mond,
    en lofgesang was onder my tong.
  • Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het,
    en die wees en hom wat geen helper het nie.
    Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom;
    en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk