DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Skinder

  • 'n Man van valse streke saai tweedrag,
    en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
  • Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
    en wat met sy hart die waarheid spreek;
    wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
    sy vriend geen kwaad doen
    en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.
  • Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
    maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
  • Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
  • Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
    maar deur kennis word die regverdiges gered.
  • Hy wat haat verberg, het valse lippe;
    en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
  • Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
  • Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
  • Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
    en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
  • Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
    maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
  • Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye,
    en dit gly af na die kamers van die binneste.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk