- EEN wat die tug liefhet, het kennis lief;
maar wie die teregwysing haat, is dom. - Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word,
maar die skrandere verberg skande. - Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk;
maar die wat vrede aanraai, het vreugde. - Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel. - Die hand van die vlytiges sal heers,
maar traagheid lei tot dwangarbeid. - Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.
Bybelvers van die dag
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld