DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Toerusting

  • En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
  • Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
  • Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
  • Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
    kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
    Ek versterk jou, ook help Ek jou,
    ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
  • Vertrou op die Here met jou hele hart
    en steun nie op jou eie insig nie.
    Ken Hom in al jou weë,
    dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
  • Ek stel die Here altyddeur voor my;
    omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
  • Hy gee die vermoeide krag
    en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
  • Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
    Deur dit te hou na u woord.
  • En tot die ouderdom toe is Ék dieselfde,
    ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra;
    Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem,
    en Ék sal dra en red.
  • Die Here Here is my sterkte,
    en Hy maak my voete soos dié van herte,
    en Hy laat my tree op my hoogtes.
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
  • Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.
  • Kyk, God is my helper.
    Dit is die Here wat my siel ondersteun.
  • Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.
  • En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk