DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Verlosser

  • Die Here jou God is by jou,
    'n held wat verlossing skenk.
    Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
    Hy swyg in sy liefde;
    Hy juig oor jou met gejubel.
  • En hy het gesê:
    Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
    Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
    my God, my rots by wie ek skuil;
    my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
  • Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
  • STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
  • Hulle roep, en die Here hoor,
    en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
    Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
    en Hy verlos die wat verslae is van gees.
  • Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
    en jou sondes soos 'n wolk;
    keer terug na My, want Ek het jou verlos.
  • As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
  • DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
  • Ek is baie bly in die Here,
    my siel juig in my God;
    want Hy het my beklee met die klere van heil,
    my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
    soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
    en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
  • Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
    maar uit dié almal red die Here hom.
  • My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
    en my siel, wat U verlos het.
  • DIE Gees van die Here Here is op My,
    omdat die Here My gesalf het
    om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
    Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
    om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
    en vir die geboeides opening van die gevangenis.
  • En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
  • My tye is in u hand; red my
    uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
  • By U, o Here, skuil ek;
    laat my nooit beskaamd staan nie.
    Bevry my deur u geregtigheid.
  • O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
    Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
    Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
  • Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
  • Help ons, o God van ons heil,
    om die eer van u Naam,
    en red ons en doen versoening oor ons sondes
    ter wille van u Naam.
  • O Here, red my siel van die valse lippe,
    van die bedrieglike tong!

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk