DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Vertrou (3/3)

  • Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.
  • Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.
  • Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
  • Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
  • LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.
  • Sommige roem op strydwaens en ander op perde,
    maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk