DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Vervolging

  • En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
  • Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
    want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
  • Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
  • As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
  • Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
  • Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
  • Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
  • Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
  • En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
  • My tye is in u hand; red my
    uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
  • Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.
  • Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
  • Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
    ek sal geen onheil vrees nie;
    want U is met my:
    u stok en u staf dié vertroos my.
  • En ek het op die grond geval en 'n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk