DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Vrees (2/2)

  • En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
  • Ek is dit wat julle troos!
    Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe,
    en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?
  • Al word 'n laer teen my opgeslaan,
    my hart sal nie vrees nie;
    al staan 'n oorlog teen my op,
    nogtans vertrou ek.
  • O, Hoe groot is u goedheid
    wat U weggelê het vir die wat U vrees,
    wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
    in teenwoordigheid van die mensekinders!
  • En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
  • Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
  • En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.
  • Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom,
    maar die arme hoor geen dreigement nie.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk