DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Vrugbaarheid

  • Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
    en wie se vertroue die Here is.
    Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
    en sy wortels uitskiet by die stroom
    en nie vrees as daar hitte kom nie,
    maar sy blad bly groen;
    en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
    en hou nie op om vrugte te dra nie.
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
  • Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
  • Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
  • Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
  • Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
  • En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
  • As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
  • Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
    en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
    die drag van die olyfboom sal teleurstel
    en die saailande geen voedsel oplewer nie,
    die kleinvee uit die kraal verdwyn
    en geen beeste in die stalle sal wees nie —
    nogtans sal ek jubel in die Here,
    ek sal juig in die God van my heil.
  • Dood en lewe is in die mag van die tong;
    en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
  • En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
  • So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
    dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
    maar doen wat My behaag
    en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
  • Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
  • En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
  • En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
  • Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
  • Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
  • EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk